Kwando Camp Logo

KWANDO KAMP

Bekostigbare luuksheid by die Mudumu Nasionale Park in die Caprivi, Namibië

GPS 18 025.46S, 23 19 29.2E

STUUR E-POS
TUISBLAD
ENGLISH

TEL: +27 (0) 21 855 0395
 

Kinders 0 - 6 jaar oud betaal halfprys

NAMIBIE AKKOMMODASIE BESPREKINGS EN PRYS ANDER CAPRIVI AKKOMMODASIE
Kwando camp Caprivi Namibia
Lounge at Kwando Camp

Kwando kamp is net buite die bekende Mudumu Nasionale Park in die Caprivi. Hierdie luukse kamp bied asemrowende uitsigte oor die Kwando-rivier. Hulle bied wildbesigtigingsritte en -vaarte op die Kwando-rivier en in die Mamili en Mudumu Nasionale Park.

ONTVANGS:
Wanneer jy by Kwando kamp aankom, sal jy in die ruim, verwelkomende ontvangsarea welkom geheet word. Terwyl jy besig is om die intekeningsprosedure af te handel, onthou om ook by die snuisterywinkel in te loer. Dit spog met ‘n interessante verskeidenheid plaaslike kuns en handwerk.

EILANDTENTE
Die eiland het plek vir agt tente met grasdakke, elk met twee beddens. Elke bed is toegerus met ‘n muskietnet. Die tente is opgeslaan op houtpale, met ‘n terras wat op die rivier uitkyk. Jy sal dus heerlik kan visvang vanaf die dek van jou tent.

Die grasdakke sorg vir goeie temperatuurregulering – nie te warm in die somer nie, en ook nie te koud in die winter nie. Elke tent het ‘n en suite badkamer met ‘n stort, toilet en handewasbak, met warm en koue water. Die badkamers is onder die blote lug en sorg dat jy die natuur kan geniet. Elektrisiteit word op sleuteltye deur ‘n kragopwekker voorsien. In die badkamers word lig met behulp van paraffienlampe verskaf.

BOOMHUISE
Drie groter grasdakrondawels is ook op die ho
ër grond beskikbaar. Hulle is op langer pale gebou, van hout en seil.
Hulle is gerieflik tussen die bome geplaas, met ‘n pragtige uitsig oor die vlaktes van Botswana.

Elke rondawel het ‘n ruim stylvolle slaapkamer, ‘n groot en suite badkamer, en ‘n reuse terras.

KAMPTERREIN
Die kampterrein is tussen die hoofgebou en die eiland gele
ë. Daar is talle groot bome, wat welkome skaduwee tydens die warmer tye van die dag bied. Daar is omstreeks tien kampplekke op grasperke wat baie goed versorg word. Die kampterrein se ablusieblokke het storte, toilette, handewasbakke en wasgoedgeriewe. Warm en koue water is beskikbaar.
Die swembad is naby aan die kampterrein.

 
Family chalet Kwando Camp
Kwando camp view Caprivi Namibia
Unit at kwando camp View at Kwando Camp Units at Kwando Camp

BOTSWANA AKKOMMODASIE

Van Kwando kamp sal dit jou niks meer as 3 ure neem tot by die Chobe Nasionale Park waar jy minstens twee nagte moet vertoef. Bly by Toro Lodge en geniet die wildritte in die Chobe Nasional Park en probeer ook minstens een wildvaart op die Kwando rivier onderneem

Jy kan ook direk van Kwando Kamp na die Okavango Delta gaan vir 'n safari van 'n leeftyd. Daar is uitstekende akkommodasie in die Okavango Delta, Savute en Moremi. Vanaf die Okavango Delta kan jy met gemak in een dag tot in Francistown ry. In Francistown kan jy oornag by Woodlands Stop Over of die Marang Gardens Hotel met sy mooi tuine

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

'n Logiese stap sou wees dat jy na jou verblyf by Kwando Kamp ook Victoria Falls in Zimbabwe besoek. Daar is 'n groot verskeidenheid akkommodasie in Victoria Falls twat wissel van kampering tot vyfster hotelle. Ons beveel die A'Zambezi River Lodge wat 'n paar km sroom op van die valle op die oewers van die Zambezirivier is of Ilala Lodge 'n boutique hotel baie naby die waterval.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Kwando Kamp in die Caprivi of Zambezi area is trots om ook ander akkommodasie in Namibie aan te beveel. Jou eerste besoek sal waarskynlik aan Etosha nasionale park wees met sy groot verskeidenheid diere en uitstekende akkommodasie. Dit sal jou twee dae neem om van Kwando Kamp tot by Damaraland en Kaokoland te ry. Hier sal jy net langs die bekende Vingerklip die ewe bekende Vingerklip Lodge vind. Vam Damaralnd kan jy kuswaarts ry en dan suid na Swakopmund met sy groot verskeidenheid akkommodasie. As jy na Suid-Afrika ry kan jy 'n nag by die bekende Kokerboom woud by Keetmanshoop oornag. Die Kokerboom Woud Ruskamp word aanbeveel by Keeetmanshoop